Verkleurmannetjies of trapsuutjies is van die interessantste reptiele op aarde. Hulle pote is spesiaal aangepas om aan takkies vas te klou met twee versmelte tone aan die een deel en drie versmelte tone aan die ander deel van die poot.
Hulle kan hulle sterte gebruik om aan takkies vas te klou.
Die oë van 'n verkleurmannetjie kan terselfdertyd in verskillende rigtings draai en hulle omgewing vir prooi en vyande deursoek. Die prooi, gewoonlik 'n insek, word blitsvinning met die lang taai tong opgeraap en ingesluk. Verkleurmannetjies moet ook stadig beweeg om sodoende naby hulle prooi te kan kom voor hulle kan wegvlieg - vandaar die naam Trapsuutjies.
Verkleurmannetjies, soos mens van hul naam kan aflei, kan ook van kleur verander. Gewoonlik gebuik hulle hierdie vermoë as kamoeflering om by hulle omgewing aan te pas en die kleure wissel gewoonlik van groen, na buin, na vaal. In sommige spesies het die mannetjies bont patrone wat pers, geel en blou insluit. Soms wissel die kleur volgens die gemoedstoestand van die verkleurmannetjie en kan hulle selfs pikswart word as hulle bedreig word.
Verkleurmannetjies is egter nie die enigste reptiele wat van velkleur kan verander nie - daar is verskeie ander reptielspesies waar die mannetjie tydens die paarseisoen helder kleure ontwikkel en ook volgens hulle gemoedstoestand van kleur kan verander.
Die verkleurmannetjie op die foto is in Thabazimbi afgeneem. Inheemse verkleurmannetjies, soos alle ander Suid-Afrikaanse reptiele is beskerm deur wetgewing en mag nie aangehou, verkoop of gedood word nie.

18 comments:
WAT EET 'N VERKLEURMANNETJIE ALS???
Hoofsaaklik insekte soos krieke, sprinkane en vlieë. Hulle eet insekte vandat hulle uit die dop kom, maar heel groot verkleurmannetjies, soos dié van Madagaskar kan soms selfs voëltjies en akkedisse vang. Sommige soos die "veiled chameleons" eet soms ook blare.
Drink trapsuutjies water of verkry hulle die nodige vog inname uit hulle voedsel?
wat is die vroulike geslag van 'n verkleurmannetjie? my dogter het die vraag gekry op skool....
Eet verkleurmannetjies Spinnekop soos die bruin knoppie?
Hallo, ek het ook die vraag; eet verkleurmannetjies minder in die winter? bly sy water toevoer dieselfde of kan ek dit verminder...? moet ek voorsien van ekstra hitte in die winter
Hulle drink water van die blaar af selfs fog met die tong
Nee eet gladnie spinnekoppe ni
Nie nodig nie hull slaap deur winter
Asemhaling by verkleursmannetjies
Het vanoggend in my tuin 'n groot wyfie kry lê op haar sy, halfpad "begrawe" in die los kompos in 'n groot plantbak, stokstyf en geel.
Gedink sy is dood maar by nadere ondersoek was daar nog lewe - temperatuur buite was vannag 1 graad Celsius.
Gelukkig is sy na 'n uur in my verhitte slangkamer nou weer aan die beweeg.
My vraag is of sy dalk besig was om eiers te probeer lê (hierdie tyd van die jaar)of wou sy poog om ondergronds te kom as beskerming teen die koue?
Sal n uitgegroeide trapsuutjies n klein baba trapsuutjie dalk eet
WAt is die een se naam asb?? Watse soort is dit??
ek het in een van my toetse n vraag gekry, dat ons drie eienskappe moet noem van verkleurmannetjies wat hulle het en wat die mense ook het, kan iemand my dalk daai 3 mee help?
Hoe gereeld eet n verkleurmannetjie?
My verkleur mannetjie se wurms verander in besies kan hul dit ook eet
Is dit wetig om een aantehou
Hoe weet ek wanneer is dit 'n wyfie of 'n mannetjie? Thnx
Post a Comment