Hierdie skedel van 'n jong krokodil kom van St. Lucia se Crocodile World.
Mens kan duidelik agter die oogkas die twee temporale fenestrae sien wat dit as 'n lid van die Diapsiede identifiseer. In moderne kladistiek word krokodille as onderafdeling van die Archosauria of "Heersende Reptiele" beskou.
Dr Francois en Juanita Durand gee praatjies en demonstrasies of "instappies" oor:
• Reptiele
• Insekte
• Fossiele
• Dinosouriërs
• Aardwetenskappe
• Astronomie
by skole en kleuterskole in Gauteng. Die aanbiedings komplimenteer die kurrikulum en die inligting kan vir skooltake of projekte gebruik word. Die doel van die aanbiedings is om kinders aan die natuur bekend te stel d.m.v. lewende diere, skedels, diagramme, modelle, skuifies en ander aktiwiteite.
*******************************************
Ons ontvang en begelei ook skoolgroepe by die Transvaal Museum, Twaing-krater en Die Wieg van die Mensdom Wêrelderfenisgebied.
*******************************************
Vir verdere navrae en besprekings kontak ons by:
082 403 1692 of: juanitadurand@yahoo.com
Besoek ook ons ander webwerwe by: http://wonderreptil.blogspot.com/ http://wonderinsekt.blogspot.com/
http://natuurwetenskap.blogspot.com/
No comments:
Post a Comment